Frikkie Maré, ’n landbou-ekonoom aan die Universiteit van die Vrystaat, gee maandeliks ’n markoorsig van die vorige maand se landboumarkte.

Read it in English. 

Mieliemark

Die prys van geelmielies het gedurende Februarie geleidelik gedaal.  Die daling kan toegeskryf word aan die aan die groter as verwagte geskatte opbrengs en die versterking van die rand. Die prys het op R1880/ton gesluit.

 

Ekonomiese aanwysers

Februarie was `n goeie maand vir die rand aangesien dit teen die vernaamste wisselkoerse versterk het.  Die versterking was veroorsaak deur gebeure wat buitelandse vertrou gewen het, soos die aanstelling van Mnr Cyril Ramaphosa as president en die kabinet skommeling.  Hierdie versterking is egter aan die einde van Februarie ietwat in die wiele gery met die mosie om ondersoek in te stel vir die onteiening van grond sonder vergoeding wat in die parlement aanvaar is. Einde Februarie het die Rand teen onderskeidelik R11.79 en R14.39 teenoor die Dollar en Euro verhandel. Beide Verbruikers prys inflasie (VPI) en produsente prys inflasie (PPI) het in Januarie stadiger gestyg met onderskeidelik 4.4% en 5.1%. Die ekonomiese groei vir die derde kwartaal van 2017, voorgestel deur die BBP, het slegs 0.8% op `n jaar tot jaar grondslag gestyg.  Landbou het weereens, soos in die tweede kwartaal, `n groot positiewe bydrae gelewer tot die ekonomiese groei.

Rooivleismark

Die pryse van B en C grade beesvleis het gedurende Februarie gedaal terwyl van die prys van A grade opgetel het na `n skerp daling in Januarie.  Die laaste beskikbare pryse vir Februarie was R46.71/kg vir A2, R43.26/kg vir B2 en R42.23/kg vir C2. In die geval van Skaapvleis was die scenario omgedraai en het die prys van A grade gedaal terwyl B- en C grade se pryse gestyg het.  A2, B2 en C2 skaap karkasse se laaste beskikbare pryse was onderskeidelik R72.73/kg, R61.38/kg en R57.14/kg. In die geval van speendiere het beide die speenkalf en speenlam pryse eers sywaarts verhandel voordat beide gedaal het tot onderskeidelik R37.62/kg en R40.56/kg. Die pryse van Dorper en Merino velle sowel as het Huide het egter gedaal.

 

Wol- en Bokhaarmark

Die indikator prys van skoonwol was gedurende Februarie volatiel en het tydens die laaste veiling in Februarie met 0.6% gedaal teenoor die vorige veiling, maar 13.6% hoër verhandel as die vorige jaar. Die indikator prys van Sybokhaar het tydens die eerste veiling van 2018 in Februarie skerp gestyg en 5.3% hoër verandel as tydens die vorige veiling en 24.4% hoër as `n jaar gelede.

Suiwelmark

Die produsente prys indeks van melk en eiers het sywaarts beweeg in Januarie, terwyl die prys indeks van melkprodukte gedaal het. Die verbruikers prys indeks van melk, eiers en kaas het tydens dieselfde periode verder gestyg.

 

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here