Frikkie Maré, ’n landbou-ekonoom aan die Universiteit van die Vrystaat, gee maandeliks ’n markoorsig van die vorige maand se landboumarkte.

Read it in English

Mieliemark

Gedurende die eerste helfte van Januarie het die prys van geelmielies sywaarts beweeg, voor dit in die tweede helfte van dieselfde maand begin daal het. Die prys het op R1 929/ton gesluit.

 

Ekonomiese aanwysers

Die rand het in Januarie verder versterk teenoor beide die dollar en die euro, en vir die eerste keer in ’n lang tyd was die waarde van ’n dollar onder R12. Die rand het einde Januarie teen onderskeidelik R11,86 en R14,75 teenoor die dollar en euro verhandel. Die verbruikersprysinflasie (VPI) het in Desember effens gestyg tot                                         4,7% op ’n jaar-tot-jaar grondslag, terwyl die                                                                   produsenteprysinflasie (PPI) tot 5,2% gestyg het vir dieselfde                                           tydperk. Die ekonomiese groei vir die derde kwartaal van 2017,                                         voorgestel deur die bruto binnelandse produk (BBP), het slegs                                           0,8% op ’n jaar-tot-jaar grondslag gestyg. Landbou het weereens,                                     soos in die tweede kwartaal van 2017, ’n groot positiewe bydrae tot                                   ekonomiese groei gelewer.

Rooivleismark

Die pryse van A- en B-grade beesvleis het begin Januarie skerp gedaal, terwyl die prys van C-grade effens gestyg het. Die laaste beskikbare pryse vir Januarie was R46,10/kg vir A2, R43,80/kg vir B2 en R43,24/kg vir C2. In die geval van skaapvleis het die pryse van al drie grade skerp gedaal en A2-, B2- en C2-skaapkarkasse se                                   laaste beskikbare pryse was onderskeidelik R73,61/kg, R57,64/kg                                     en R44,54/kg. In die geval van speendiere was beide die speenkalf-                                   en speenlampryse baie wisselvallig. Die prys van beide Dorper- en                                     Merino-velle het wisselvallig sywaarts beweeg, terwyl die prys van                                     huide gedaal het.

Wol- en bokhaarmark

Die aanduider-prys van skoonwol het tydens die laaste veiling in Januarie met 0,7% gedaal teenoor die vorige veiling, maar 13,8% hoër verhandel as die vorige jaar. Sybokhaar het in Desember sywaarts beweeg met ’n prys wat onveranderd gebly het teenoor die vorige veiling en 20,9% hoër was as ’n jaar gelede.

Suiwelmark

Die produsenteprysindeks van melk en eiers het na ’n paar maande van skerp stygings in Desember afgeplat, terwyl die prysindeks van melkprodukte effens verbeter het. Die verbruikersprysindeks van melk, eiers en kaas het tydens dieselfde tydperk effens gestyg.

Grafieke

 

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here