Frikkie Maré, ’n landbou-ekonoom aan die Universiteit van die Vrystaat, gee maandeliks ’n markoorsig van die vorige maand se landboumarkte.

Read it in English

Mieliemark

Die prys van geelmielies het in Maart eers ’n oplewing beleef en toe gedaal. Die daling kan toegeskryf word aan die groter as verwagte geskatte opbrengs en die versterking van die rand. Die prys het op R1961/ton gesluit.

 

Ekonomiese aanwysers

Die rand het in Maart verder veld gewen teen die vernaamste wisselkoerse, en einde Maart het die rand teen onderskeidelik R11,84 en R14,57 teenoor die dollar en euro verhandel. Beide verbruikersprysinflasie (VPI) en produsenteprysinflasie (PPI) het in Februarie stadiger gestyg, met onderskeidelik 4% en 4,2%. Die                                         ekonomiese groei vir die vierde kwartaal van 2017, voorgestel deur                                   die BBP, het 1,5% op ’n jaar-tot-jaar grondslag gestyg. Landbou het                                   weereens, soos in die derde kwartaal, ’n groot positiewe bydrae tot                                   die ekonomiese groei gelewer.

 

Rooivleismark

Die pryse van B- en C-grade beesvleis het in Maart gedaal, terwyl die prys van A-grade sywaarts beweeg het. Die laaste beskikbare pryse vir Maart was R46,83/kg vir A2, R43,22/kg vir B2 en R40,87/kg vir C2. In die geval van skaapvleis het die prys van A-, B- en C-grade gedaal. A2-, B2- en C2-skaapkarkasse se laaste                                               beskikbare pryse was onderskeidelik R69,73/kg, R60,76/kg en                                           R54,79/kg. In die geval van speendiere het beide die speenkalf- en                                   speenlampryse tot onderskeidelik R34,00/kg en R38,50/kg gedaal.                                   Die pryse van huide en Merino-velle het gedaal, terwyl die prys van                                   Dorper-velle sywaarts beweeg het.

 

Wol- en bokhaarmark

Die aanduider-prys van skoonwol het in Maart gedaal en het tydens die laaste veiling in Maart met 2,5% teenoor die vorige veiling gedaal, maar 5,6% hoër verhandel as die vorige jaar. Die aanduider-prys van sybokhaar het in Maart skerp gestyg en 1,4% hoër verhandel as tydens die vorige veiling en 27,8% hoër as ’n jaar                                         gelede.

 

Suiwelmark

Die produsenteprysindeks van melk en eiers het in Februarie gedaal, terwyl die prysindeks van melkprodukte sywaarts beweeg het. Die verbruikersprysindeks van melk, eiers en kaas het tydens dieselfde tydperk effens gestyg.