Dr Frikkie Maré, akademiese departementshoof van die Departement Landbou-Ekonomie aan die Universiteit van die Vrystaat, gee maandeliks ’n markoorsig van die vorige maand se landboumarkte. 

Mieliemark 

Die prys van geelmielies het gedurende Maart wisselvallig sywaarts beweeg en byna op dieselfde vlak aan die einde van die maand gesluit. Die mark het op R2 700/ton gesluit. 

Ekonomiese aanwysers 

Die rand het gedurende Maart uiters wisselvallig verhandel, maar teen die einde van die maand effens verstewig. Die geldeenheid het teen onderskeidelik R14,29 en R16,06 teenoor die dollar en euro verhandel.  Verbruikersprysinflasie (VPI) het in Maart tot 4,1% gestyg op ’n jaartotjaar grondslag, terwyl produsenteprysinflasie (PPI) tot op 4,7% gestyg hetDie slegte nuus is dat die ekonomiese groei vir die vierde kwartaal van 2018, voorgestel deur die BBP, tot 1,1% verlangsaam het op ’n jaartotjaar grondslag, vergeleke met die derde kwartaal se 1,3%. 

Rooivleismark 

Die mark vir al drie grade beesvleis het goed herstel gedurende Maart na die daling in FebruarieIn die geval van skaapvleis het die prys van A-grade effens verbeter en daarna wisselvallig sywaarts beweeg. B- en C-grade se prys het egter gedaal. Die laaste beskikbare pryse vir beesvleis in Maart was R42,63/kg vir A2, R39,30/kg vir B2 en R38,16/kg vir C2. A2, B2 en C2lam en skaapkarkasse se laaste beskikbare pryse was onderskeidelik R66,51/kg, R53,27/kg en R48,40/kg.  

In die geval van speendiere het die pryse van speenlammers verder toegeneem, terwyl die pryse van speenkalwers sterk onder druk gekom het. Die laaste beskikbare pryse was onderskeidelik R28,87/kg vir kalwers en R35,33/kg vir lammers. Die mark vir huide en velle bly geweldig onder druk en selfs die prys van Merinovelle, wat in die verlede sterk gebly het, het in Maart verder gedaal. Huide het ook laer verhandel terwyl Dorpervelle effens duurder was.  

Wol- en bokhaarmark 

Die wolmark het gedurende die laaste veiling van Maart effens verbeter nadat dit skerp gedaal het op die vorige veiling. Skoonwol het tydens die laaste veiling 0,9% laer verhandel as op die vorige veiling en 18,2% hoër as ’n jaar gelede. Die indikatorprys van sybokhaar het tydens die veiling in Maart met 2% versterk teenoor die vorige veiling en 11,5% hoër verhandel as ’n jaar gelede. 

Suiwelmark 

iconDie produsenteprysindeks van melk en eiers het in Maart gedaal, terwyl die indeks van melkprodute basies onveranderd gebly het. Die verbruikersprysindeks van melk, eiers en kaas het tydens dieselfde periode onveranderd gebly.