BKB bied elke jaar wolklasseringskursusse by verskeie landbouskole aan en dit is al ‘n jaarlikse instelling by Hoër Landbouskool Marlow, waar die kursus onlangs aangebied is.

Die kursusaanbieders by die geleentheid was Piet Venter van BKB Colesberg, Louis Hayward van BKB Aberdeen en Leon du Plessis van BKB Cradock.

Dit sluit gewoonlik twee kursusse in, waarvan die eerste in Oktober plaasvind en die tweede in Februarie.

Leon du Plessis is ‘n skaap- en woladviseur by BKB en hy som die kursusse soos volg op: “Gewoonlik word ‘n wolklasseringsertifikaat van BKB toegeken aan die graad 11-seuns wat die kursus in Oktober bygewoon en geslaag het.

Die kursus dien ook as voorbereiding vir die seuns wat dan in Februarie volgende jaar weer ‘n kursus gaan bywoon met die oog daarop om die gesogde Springbokkopkursus agter hul naam te kan skryf.” – Carin Venter, Plaas Media

Vir meer inligting, skakel Leon du Plessis by 082 374 3192 of stuur ‘n e-pos na leon.duplessis@bkb.co.za.