Dr Chris van Dijk van die Melkprodusente-organisasie, oftewel die MPO, gesels in Dinsdag se aflewering van RSG Landbou oor ‘n siekte onder melkkoeie wat elke melkboer maar al te goed ken – mastitis.  Die Nasionale Jeugskou word binnekort op Vryburg aangebied en die bestuur van die jeugskou het besluit om vir oulaas ’n afrigterskursus op Williston aan te bied voor die spanne bymekaar kom. Koos du Pisanie ons RSG Landbou verteenwoordiger in die Noord-Kaap het by die organiseerder van dié kursus Hernus le Roux gaan uitvind wat die kursus presies behels. Daarna is Ulrich Muller van Voermol Voere aan die woord en hy brei uit oor voeding in voerkrale. Ons sluit die program af met ‘n lekker kuier en gesels met van die Nampo-besoekers en uitstallers. Luister nou dié onderhoude.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Zoetis.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.