Trekkerverkope van 724 eenhede in Augustus is byna 56% meer as die 465 eenhede wat in Augustus 2020 verkoop is. Vir die jaar tot dusver is trekkerverkope nou byna 30% meer as verkope verlede jaar.

Read it in English

Daar is 14 stropers in Augustus verkoop – een eenheid meer as die 13 wat in Augustus 2020 verkoop is. Vir die jaar tot dusver is stroperverkope nou byna 25% meer as verkope verlede jaar.

Sentiment in die mark is steeds baie positief. Goeie somergewasse en goeie vooruitsigte vir wintergewasse dra by tot die positiewe sentiment. Somergewasboere gaan egter onder hoër insetkoste vir komende aanplantings gebuk en dit kan verkope van landboumasjinerie beïnvloed.  

Vooruitsigte dui nietemin daarop dat trekkerverkope vir die 2021-kalenderjaar tussen 15 en 20% meer sal wees as verkope verlede jaar. – Persverklaring, Suid-Afrikaanse Landboumasjinerie-assosiasie