In Donderdag se aflewering van RSG Landbou is dit weer tyd vir Chris Derksen met die weeklikse vleispryse. Daarna fokus RSG Landbou hoofsaaklik op die 2018 ALFA vee-ekspo wat onlangs op Parys plaasgevind het. Gerhard Kriel van Vrystaat Landbou gesels oor hulle betrokkenheid by vanjaar se ALFA. Ons gesels ook met vanjaar se Santam Landbou kuilvoerkompetisiewenners in die kategorieë mielies, hawer en kuilvoer. Dan het Old Mutual tydens ALFA op die landboujeug gefokus en die landbou-ekonomie-, agronomie- en veekundestudente van die jaar is aangewys. Ons hoor wat hulle te sê het. ‘n Skaapboer van Springbok, Jasper van den Heever, vertel aan Carin Venter waarom hy die Intensiewe Skaapproduksieskool op Bredasdorp bygewoon het. Herman Meiring gee ook vir RSG Landbou-luisteraars terugvoer oor die Bultfontein Boertjiefees. Luister nou na dié lekker gesprekke.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Laeveld Agrochem.