Wanneer kan ‘n besproeiingstelsel as doeltreffend beskou word? En wat is die rol van drupbesproeiing in hierdie verband? In Maandag 17 Desember se aflewering van RSG Landbou, gesels Willem Botha van Netafim daaroor. Daar is ook nuus oor die Nasionale Wolkwekersvereniging (NWKV) se wolskaapopleidings- en ontwikkelingsprogram, wanneer Lise Roberts met Leon de Beer hieroor praat.  Louw van Reenen van Beefmaster gesels oor vleisuitvoere na China en dr Dirk Strydom van Graan SA vertel oor aanpassings in die koringgraderingstelsel. Luister nou na dié onderhoude.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Hinterland.