In RSG Landbou van Donderdag 3 Januarie 2019 word daar op ‘n verskeidenheid van onderwerpe gefokus. Ons skop af met ‘n interessante gesprek met Johan du Preez oor die mangobedryf in Suid-Afrika.  Hennie Maas het hom ook gevra oor die mangokewer wat in die pit van die mangovrug ontwikkel.  Dan praat Lise Roberts van RSG Landbou daarna  met Sherike van der Merwe, die Nasionale Wolkwekersvereniging of NWKV se beste student in kleinvee-kuddegesondheid.  Daar is ook ‘n gesprek met Francois Knowles oor die sogenaamde Agricultural Produce Agents Council, oftewel APAC, se werksaamhede. Luister nou na dié  lekker onderhoude.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.