Daar is vragte artikels en waardevolle inligting om na uit te sien in Julie 2019 se uitgawe van Veeplaas! In RSG Landbou van Woensdag vertel Lise Roberts meer oor wat in Julie te lese is.

Vir enige veeboer is die toestand van sy veld van kardinale belang. Piet Roux vertel hoe hy sy veld met behulp van meganiese herstel op peil hou. Daarna is dr Helet Lambrechts van die Universiteit van Stellenbosch (US) aan die woord en sy brei uit oor navorsing rakende peestersiekte.

Daar is ook ‘n gesprek met dr Bernice Mostert van SA Stamboek oor teelwaardes, en Johan Stadler van die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) brei uit oor die stand van veediefstal in die Vrystaat.

Die program sluit af met Fanie Smit van die Oakdale Landbouskool en hy gesels oor die skool se samewerking met die Sussex-beestelersgenootskap en hulle Veeplaas-kudde.

Luister nou na dié lekker onderhoude.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Netafim.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.