Om onder die invloed van alkohol te wees, hou nie net ‘n gevaar op die paaie in nie, maar kan ook uiters nadelig wees in ‘n werksituasie. Christo Bester van die LWO Werkgewersorganisasie vertel in Grootplaas van 20 Mei hoe werkgewers kan vasstel of alkoholmisbruik betrokke is, en watter dissiplinêre stappe in so ‘n geval geneem kan word. Daarna gesels Donné Kruger van SA Stamboek oor die belangrikheid van melkaantekening in die suiwelbedryf.

Weerborg: Laeveld Agrochem

Nuusborg: BASF

Kyk hier na vorige episodes van Grootplaas