Naspeurbaarheid in die wolbedryf is Diederick Vermeulen se storie. Hy besit ‘n pak klere wat spesiaal vir hom gemaak is van die wol van die Merino-skape op sy plaas. Hy deel sy unieke storie op RSG Landbou. Luister nou na hierdie onderhoud.

Die Wes-Kaap Pluimveeklub was baie aktief by vanjaar se Agri-Expo Livestock wat onlangs plaasgevind het. ‘n Lid van dié klub, Piet Olivier, en ‘n vierde-jaar veekunde-student, Annalise Kotzé, het met Lise Roberts oor dié geveerde vriende gesels. Luister nou na hierdie onderhoude.

Boepens Spens spog met kos uit ouma se kombuis. Frans Lombards vertel op RSG Landbou waarom hulle juis op produkte soos kerriebeet en soet chillie-sous besluit het.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Voermol

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.