Merino SA verkies nuwe raad

679
Merino SA raad
Merino SA-raad vir 2020/21. Agter van links is Kosie de Villiers, Diederik van Pletzen, Ras van Pletzen, Theron Swanepoel en Uysie Willemse. Voor van links is John Melville, Jako Meyer, Stephanus van den Heever, Adrian McNaughton, Danie Vorster en Pierre Vlok.

Die Merino SA-genootskap het hul algemene jaarvergadering op 13 Augustus by die Botaniese Sportkompleks in Graaff-Reinet gehou. Tydens die vergadering is die 2020/21-raad aangekondig.

Die nuwe raad bestaan uit Kosie de Villiers, Diederik van Pletzen, Ras van Pletzen, Theron Swanepoel, Uysie Willemse, John Melville, Jako Meyer, Pierre Vlok, Andre Hugo en dr Japie van der Westhuizen. Adrian McNaughton is as president verkies en Stephanus van der Heever as vise-president. Danie Vorster is die bestuurder.  

Merino SA nasionale ramveiling

Die Merino SA nasionale ramveiling het op 14 Augustus, ook by die Botaniese Sportkompleks, plaasgevind. Dit was die eerste keer wat die veiling ook aanlyn aangebied is.

Dié ram het die hoogste prys op die nasionale Merino-ramveiling behaal. Van links is Danie Strauss, afslaer, John Melville, OVK, Garth Cloete, adviseur, wat namens die koper Gilly Scheepers, bygewoon het, en Robert Rubidge, die verkoper. Richard Rubidge hanteer die ram.

Kopers is in twee lokale akkommodeer om aan inperkingsregulasies te voldoen. Ten spyte van die laer wolprys en die inperkingsregulasies het die veiling die hoogste gemiddeld ooit behaal. Die gemiddelde prys vir 59 ramme was R42 085. Die hoogste prys behaal vir ’n ram was R220 000. – Ursula Human, AgriOrbit