Die hersiene oppervlak en sesde produksieskatting vir somergewasse vir die 2018-produksieseisoen is pas deur die Nasionale Oesskattingskomitee vrygestel.

Read it in English.

Kommersiële mielies

Die grootte van die verwagte kommersiële mielie-oes is onveranderd gelaat op 13,207 miljoen ton. Die skatting van die oppervlakte onder mielies is 2,319 miljoen hektaar, terwyl die verwagte opbrengs 5,70t/ha is.

Die oppervlak onder witmielies is 1,268 miljoen hektaar en vir geelmielies is die oppervlak 1,051 miljoen hektaar. Die produksieskatting van witmielies is 6,880 miljoen ton, terwyl die opbrengs 5,43t/ha is. In die geval van geelmielies is die produksieskatting 6,327 miljoen ton en die opbrengs is 6,02t/ha.

Sonneblomsaad

Die produksieskatting vir sonneblomsaad is onveranderd gelaat op 792 255 ton. Die oppervlakteskatting vir sonneblomsaad is 601 500ha, terwyl die verwagte opbrengs 1,32t/ha is.

Ander gewasse

Die produksieskatting van sojabone is 1,551 miljoen ton met ’n geskatte oppervlakte van 787 200ha en die verwagte opbrengs is 1,97t/ha.

Die verwagte grondbone-oes is afwaarts aangepas met 14,19%, oftewel 8 600 ton, na 52 000 ton. Die oppervlakteskatting vir grondbone is 56 300ha, terwyl die verwagte opbrengs 0,92t/ha is.

Die produksieskatting van sorghum is onveranderd gelaat op 83 070 ton. Die oppervlakte beplant met sorghum is 28 800ha. Die verwagte opbrengs is 2,88t/ha.

In die geval van droëbone is die produksieskatting ook onveranderd gelaat op 65 610 ton. Die oppervlakte beplant met droëbone is 53 360ha en die verwagte opbrengs is 1,23t/ha.

Die sewende produksieskatting vir somergewasse vir 2018 sal op 28 Augustus 2018 vrygestel word. – CEC Rapport