Besproeiing met mikrospuite maak beide voloppervlakbesproeiing en gelokaliseerde besproeiing moontlik, én kan ʼn groter volume grond benat. Dit maak op sy beurt weer besproeiingsbestuur makliker. Verstopping is ook makliker sigbaar. Mikrospuite is 85% doeltreffend met die aanwending van water en kan ook vir afkoeling gebruik word. Dit is egter nie noodwendig gepas vir alle tipes gewasse nie.

Werner de Leeuw den Bouter van Cherry Irrigation gesels in die onderstaande podsending met ons hieroor.

Wie is Cherry Irrigation?
Cherry Irrigation spesialiseer in die ontwerp en implementering van alle soorte landboubesproeiingstelsels. Hul ervaring strek oor 30 jaar en word ondersteun deur hul bereidwilligheid om op hoogte te bly van nuwe metodes en tegnologie.

Cherry Irrigation is aan die voorpunt van tegnologiese innovasie met ‘n goeie begrip van die tegniese aspekte van die bedryf. Cherry Irrigation pak besproeiingsprojekte in die SAOG-lande en die res van Afrika aan.

Hierdie potgooi word aan jou gebring deur Cherry Irrigation. Besoek hul webwerf hier. Luister na ‘n vorige Cherry Irrigation-potgooi hier.