Meer as honderd seekoeie, verskeie buffels en minstens twee leeus is in die noorde van Namibië aan miltsiekte dood. ’n Woordvoerder van die Namibiese Departement van Veeartsenydienste het ’n oorsig van die voorkoms van veesiektes op die Lewendehaweprodusente-organisasie (LPO) se kongres in Windhoek gegee en gesê bek-en-klouseer is die grootste uitdaging in die land.

Hy het bygevoeg dat onlangs vasgestel is dat 109 seekoeie en etlike buffels in Oktober in die Bwabwata-wildtuin in die Caprivi-streek aan miltsiekte dood is. Vroeër vanjaar is minstens nog een seekoei, twee leeus en ’n wildebees in die noorde van die land aan die siekte dood. Die bron van besmetting wat tot die jongste uitbreking van die siekte en vrektes gelei het, is nog onbekend. – Andries Gouws, Veeplaas

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here