Daar is tans ‘n mini-spilpunt wat ‘n oppervlakte van so klein as 0,2 hektaar kan besproei. Frederik Nel is die kommersiële bestuurder by Lindsay Africa en hy gesels in meer besonderhede hieroor in RSG Landbou van Donderdag. Luister nou na hierdie onderhoud.

Sedert die bekendstelling van sojaboonkontrakte op die Johannesburgse Aandelebeurs, het die produksie van dié gewas in Suid-Afrika heelwat gegroei. Anelisa Matutu van die JSE verduidelik hoe sojabone in Afrika verhandel word en watter faktore pryse beïnvloed. Luister nou na die onderhoud.

Soos gewoonlik is daar in Donderdag se program ook ’n opsomming van vleisprystendense en Chris Derksen is aan die woord. Daarna gesels die tegniese analis, Frans de Klerk, oor die jongste witmieliepryse. Luister nou na hierdie onderhoude.

Die program sluit af met ‘n bekende stem op RSG Landbou, die weerman, Johan van den Berg van Santam Landbou. Hy bied ‘n weervooruitsig vir die res van winter en noem ook dat die winterreënvalgebiede kan uitsien na nóg goeie reën. Luister nou na hierdie onderhoud.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Lindsay Africa.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.