Grootplaas se uitsending van 21 Junie het gefokus op sake wat deur die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie, die KVBA of CCMA, hanteer word. Christo Bester van die LWO Werkgewersorganisasie gesels oor hoe die KVBA se sake werk en Brunhilde Frohnapfel van die KVBA brei uit oor die minimumloon en hoe sake hieroor, deur die KBVA hanteer word. Longsiektes by beeste kan Suid-Afrikaanse boere van miljoene rande beroof. Dr Chriché du Plessis van MSD Animal Health gee in hierdie aflewering van Grootplaas raad oor die voorkoming en beheer van longverwante veesiektes.

Inhoudsborg: MSD Animal Health

Weerborg: Laeveld Agrochem

Kyk hier na vorige episodes van Grootplaas