Dié ram (lot 17) is vir die hoogste prys van R23 000 verkoop. Van links is Willie Oosthuizen, verkoper, en Booitjie Crispin, koper.

Die Molopo Ile de France-groepveiling is op 2 Junie 2018 by die Boereplaas-vakansieoord naby Vryburg gehou. Die veiling was uiters suksesvol en goeie pryse is behaal, wat aandui dat goeie gehalte diere aangebied is.

Veilingsuitslae

  • Hoogste prys stoetram: R23 000 (Verkoper: Willie Oosthuizen, Rossville-stoetery. Koper: Booitjie Crispin, Delareyville)
  • Hoogste prys stoetooi: R10 000 (Verkoper: Corlee Dry, Schweizer-Reneke. Koper: Booitjie Crispin, Delareyville)
  • Gemiddelde prys stoetramme: R10 150
  • Gemiddelde prys stoetooie: R3 750
  • Gemiddelde prys dragtige stoetooie: R5 014
  • Gemiddelde prys stoetooie met lammers: R6 500
  • Gemiddelde prys kudderamme: R5 400
  • Gemiddelde prys ooie: R3 150
  • Gemiddelde prys dragtige ooie: R3 125
  • Gemiddelde prys drie-in-een ooie: R3 500
  • Gemiddelde prys ooie met lammers: R2 500

Aangebied deur: Noord-Kaap Lewendehawe

Afslaer: Theuns Visser

Dié ooi (lot 58) is vir die hoogste prys van R10 000 verkoop. Van links is Willie Oosthuizen, teler en lid van die Molopo Ile de France-groep by Vryburg, en Booitjie Crispin, koper.