Tydens ’n onlangse glansgeleentheid het Monsanto SA erkenning gegee aan personeel wat in 2017 die ekstra tree gegee het in die uitvoering van hul strategie en die behaling van besigheidsdoelwitte.  “Ons salueer graag hierdie individue, maar erken ook elke ander persoon in die maatskappy se bydrae tot Monsanto se sukses,” sê Kobus Steenekamp, besigheids- en kommersiële bestuurder by Monsanto SA.

Johan Smit het die toekenning ontvang vir die verkoopspersoon wat die grootste bydrae gelewer het ten opsigte van die ontwikkeling van nuwe toetreders en kleinboere. Hy kon ongelukkig nie die geleentheid bywoon nie. – Persverklaring

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here