Morgenzon seëvier in Veeplaas-skolevasvra @ALFA

1079
Agter van links is Thabiso Mokapa and Bokang Lika, beide van Unicom, Anika du Toit and Dominique Blandin de Chalain, die Merensky-span, en Gerty Mostert en Jan-Hendrik Swartz van Morgenzon. Voor van links is Arno Swart en Johandré Brits van Blouskool, Fransiska de Klerk en Zandrie Deysel van Hoërskool Bekker, en Jean-Marie en Ryan Keeley van Hoërskool Wagpos.

Tydens ALFA 2019 wat van 17 tot 19 September by die Afridome in Parys plaasgevind het, is Hoërskool Morgenzon gekroon as die wenners van die jaarlikse Veeplaas-skolevasvrakompetisie. Die kompetisie was een van die bene in die FNB Landbouskool van die Jaar-kompetisie wat jaarliks by ALFA gehou word. Deelnemers moes uitgesoekte Veeplaas-artikels wat tussen Januarie en September 2019 gepubliseer is, deurlees ten einde die vrae te kon beantwoord.

Die leerders van Morgenzon wat as wenners gekroon is. Van links is Gerty Mostert, Lynette Louw van Plaas Media, en Jan-Hendrik Swartz.

Skole het in spanne van twee leerders elk deelgeneem. Die elektroniese platform, Kahoot, is tydens die kompetisie gebruik vir die beantwoording van die vrae. Die wenners is tydens die ALFA-dinee op 19 September aangekondig. Morgenzon se twee deelnemers, Gerty Mostert en Jan-Hendrik Swartz, het elk R500 kontant gewen en die skool het ’n promosie-artikel ter waarde van R20 510 in Veeplaas gewen. – Ursula Human, Plaas Media