In droogtejare is boere gou om van insekoordraagbare siektes by hul vee te vergeet. Hierdie siektes steek egter in natter jare klokslag weer kop uit. Insekoordraagbare siektes soos rooiwater, hartwater, knopvelsiekte en Slenkdalkoors is van die belangrikste veesiektes wat in die warmer maande voorkom. Kenners meen dit is uiters belangrik dat boere teen hierdie siektes by hul diere waak.

Die enigste manier om insekoordraagbare siektes by vee te voorkom, is deur die gebruik van geregistreerde entstowwe en die beheer van hierdie bytende insekte. Dr Chriché du Plessis van MSD gee nou raad in dié verband.

 Hierdie potgooi word aan jou gebring deur MSD Animal Health