In 1 Augustus 2018 se aflewering van Grootplaas, aan jou gebring deur Laeveld Agrochem, bespreek ons die vergelyking van beskikbare data in landbou en die ontwikkeling van MyFarmWeb.

Data blits deur ons rekenaars en ondenkbare hoeveelhede megagrepe data word daagliks geskep. Die meeste presisieboerderystelsels doen vandag ontledings wat data vrystel, maar baie min van dié data word met ander datastelle vergelyk, en verder in besluitneming benut. Met dit in gedagte, het Agri Technovation en Laeveld Agrochem besluit om MyFarmWeb te ontwikkel. Willem Eigenhuis vertel ons meer hieroor.

Inhoudsborg: Laeveld Agrochem

Nuusborg: Gallagher

Markteborg: Hinterland

Weerborg: Laeveld Agrochem

Kyk hier na vorige episodes van Grootplaas