Een van die projekte wat onder vaandel van die PLAAS Landboujeugstigting val, is ’n Veeplaas Brahman-kudde wat by Boland Landbouskool gesetel is. In RSG Landbou se program van Maandag, is daar twee lekker gesprekke oor dié projek. Lise Roberts gesels met ‘n Brahmanboer, Jan van Zyl, asook Willie van der Linde van die skool, oor hulle betrokkenheid by die projek. Luister nou na dié lekker onderhoude.

Hennie Maas bring soos altyd op ‘n Maandag vir ons die jongste veilingsnuus en -kalender.

PR de Wet is daarna aan die woord en hy gesels oor die voordele wat die stigting van ’n maatskappy vir ’n boer inhou.

Kobus Steenekamp van Bayer sluit die program af met ‘n gesprek oor navorsing wat gaan oor die verband tussen glifosaat en kanker. Luister nou na dié onderhoud.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Lindsay Africa.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.