’n Joernaal oor die buffel

0
1329

’n Spesiale buffeljoernaal, The Buffalo in Southern Africa, is onlangs vrygestel onder die leiding van Francoais Schutte van The Friends of the Buffalo en uitgegee deur Firefly Publications.

“Ons vertrou dat elkeen wat die buffeljoernaal lees, geïnspireer sal word om ’n better buffelteler te wees en indien hy/sy nie ’n buffelteler is nie, om sy/haar visiere te skuif om deel te word van een van die mees uitdagende, betalende en bevredigende boerderypraktyke. Onthou, buffelboerdery is vir almal moontlik, nie net vir die ultra-rykes nie,” skryf Francoais in sy voorwoord.

Die joernaal hanteer onderwerpe soos buffelhabitat, -genetika, die rol van trofeejag in buffelboerdery, korridorsiekte, reproduksietegnologie, die vang en versorg van buffels en snotsiekte. Vir meer inligting, skakel Francoias Schutte by 083 301 9930. – Persverklaring

 

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here