Die COVID-19 grendeltydperk het meegebring dat landbouversekering definitief ‘n klemverskuiwing sien plaasvind het. As die pandemie ons een ding geleer het, is dit dat dinge dikwels verander en dat dit vinnig verander. Boonop het ons min beheer daaroor. Die landbousektor is grotendeels selfstandig en kon ‘n groot mate operasioneel bly deur die inperking. Dit het egter ook sy pyne gehad.

Verandering word gekenmerk deur sekere drywers – van die natuur en klimaat tot die ekonomie en regsomgewing. In versekeringsterme beteken dit risiko.

Volgens Andries Wiese van Hollard Insure, het die COVID-19-pandemie ons geleer dat risiko nie net gekoppel word aan brande, vloede en droogte nie. Dit strek veel wyer. Wiese het onlangs met Lise Roberts hieroor gesels. Luister na nou die potgooi.

Hollard Insure en landbouversekering 

Niemand verstaan die behoefte aan risikobeskerming beter as ‘n boer nie. Of dit nou klein en onafhanklik is of ‘n groot kommersiële onderneming – die aard van landbou beteken dat boere elke dag met uitdagings gekonfronteer word.

Namate landbou geleidelik meer gesofistikeerd raak, word die beskerming teen die risiko’s daaraan verbonde ook meer ingewikkeld. Hollard bied gespesialiseerde dekking teen hierdie risiko’s en kenners staan gereed om al jou versekeringsvrae te antwoord. Maak seker jy besoek Hollard Insure se stalletjie tydens Nampo Virtueel, van 9 tot 12 September 2020.

Hierdie potgooi word aan jou gebring deur Hollard Insure.