Lise Roberts praat in Donderdag se RSG Landbou met Nicolene Neveling oor ‘n sogenaamde “go kit” wat mense byderhand moet hê wanneer ’n brand skielik op jou plaas of in jou huis sou uitbreek. Luister nou na hierdie onderhoud.

Die Wet op Dieresiektes is oorspronlik daargestel om dieresiektes te beheer en maatreëls vir die bevordering van dieregesondheid in plek te stel. Maar wat beteken dit prakties vir die boer? Lise Roberts gesels met Johan Taljaard van VDT Prokureurs meer hieroor. Luister nou na hierdie onderhoud.

Etienne Jordaan is ‘n kenner van sonkragstelsels. Hy praat met Hennie Maas oor die doeltreffendheid van die stelsels wat in Suid-Afrika gebruik word en watter rol Eskom kan speel om krag by boere te koop en te stoor. Luister nou na hierdie onderhoud.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Standard Bank.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.