Kyk weer na 28 Mei 2018 se Grootplaas. Met ‘n rekord-sojaboonoes wat vir vanjaar voorspel word en dié gewas wat al hoe gewilder word, kuier dr Jan Dreyer van die Proteïen-navorsingstigting vanoggend by ons in die ateljee. Hy gesels oor waarom die bedryf die afgelope paar jaar so ontplof het, asook oor kwessies wat met produksie verband hou.

Daarna gesels Elsa Esterhuizen met, Schalk Greyling van SA Stamboek. Hy vertel ons meer oor produksie-aantekening by melk, en hoe dit melkboere se finansiële druk effens kan verlig.

Nuusborg: Bayer

Markteborg: Hinterland

Weerborg: Standard Bank – South Africa

Kyk hier na vorige episodes van Grootplaas