Plantvoeding kan op ‘n paar maniere toegedien word, maar navorsing toon dat dit die vermoë het om gewasgroei te verbeter indien dit korrek deur middel van ‘n besproeiingstelsel toegedien word. Die doeltreffendheid van die kunsmis kry ook voorkeur in hierdie proses. Volgens Hilgard Rossouw van Cherry Irrigation, moet dié proses egter korrek en noukeurig bestuur word. Luister na die onderstaande podsending vir raad hieroor.

Wie is Cherry Irrigation?
Cherry Irrigation spesialiseer in die ontwerp en implementering van alle soorte landboubesproeiingstelsels. Hul ervaring strek oor 30 jaar en word ondersteun deur hul bereidwilligheid om op hoogte te bly van nuwe metodes en tegnologie.

Cherry Irrigation is aan die voorpunt van tegnologiese innovasie met ‘n goeie begrip van die tegniese aspekte van die bedryf. Cherry Irrigation pak besproeiingsprojekte in die SAOG-lande en die res van Afrika aan.

Hierdie potgooi word aan jou gebring deur Cherry Irrigation. Besoek hul webwerf hier. Luister na ‘n vorige Cherry Irrigation-potgooi hier.