RSG Landbou fokus Donderdag 20 Desember op kruisteling. Inheemse Drakensberger-koeie wat saam met vroegryp Hereford-bulle in ’n kruisteeltstelsel gebruik word, vaar uitstekend. Petrus van Rensburg vertel meer oor dié karkasse se smaaklike vleis. Dr John Purchase van Agbiz is onlangs deur die Franse ambassadeur met ’n landboumerietetoekenning vereer. Dié toekenning gee erkenning aan persone en instansies wat ’n buitengewone impak op die landboubedryf het. Hy vertel meer hieroor. Die Ensminger-varksimposium word vanaf 22 tot 23 Mei 2019 vir die eerste keer in Suid-Afrika aangebied. Dr Danie Visser brei uit oor dié opwindende geleentheid. Frederik Nel, Lindsay Africa se kommersiële bestuurder vir RSA en Namibië, gesels op sy beurt oor outomatisering by besproeiingstegnologie. Luister nou na dié onderhoude.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Hinterland.