Namibiese damvlakke het sedert die einde van September met amper 10% gedaal en damme sal moontlik binnekort minder as 40% vol wees. Tans is alle damme gemiddeld 40,2% vol, berig AgriForum, Namibiese landboutydskrif.

Suidedamme het sedert September met 12,5% gedaal en lê nou op 49,6% met die Hardap op 43,1%. Die Naute- en Oanob-dam is albei 71% vol. Sentrale damme is 34,4% vol met die Von Bach op 58%.

Namibiese damvlakke: