Hannes du Plessis, die Namibiese Wildboer van die Jaar, en sy vrou, Geraldine.

Hannes du Plessis van die Bergzicht Game Lodge naby Dordabis, suidoos van Windhoek, is aangewys as Namibië se Wildboer van die Jaar (2017). Hy het dié toekenning ontvang omdat hy ’n rolmodel vir wildboere is, ’n geslaagde en volhoubare onderneming bestuur, en uitstaan as wildteler ten opsigte van die groen ekonomie, biodiversiteit, sosiale verantwoordelikheid en betrokkenheid by die bedryf en sy gemeenskap. Bergzicht bied uitmuntende jaggeleenthede op 243 vierkante kilometer waarop sowat 25 spesies vrylopende wild gejag kan word.

WP Barnard is die Namibiese wenner in die Groen Ekonomie-wildboer van die Jaar afdeling. Hy bestuur die Otjiwa Safari Lodge 35km suid van Otjiwarongo. Die vereistes om die toekenning te wen, is die volgende: Die boer moet minstens vyf jaar in die bedryf betrokke wees, ’n volhoubare onderneming bestuur, in die wildbedryf as rolmodel betrokke wees, sy/haar hulpbronne volhoubaar benut, bewaring bevorder, in die totale waardeketting betrokke wees en groot klem op ekonomiese sukses plaas. – Andries Gouws, Veeplaas

WP Barnard, die Groen Ekonomie-wildboer van die Jaar, en sy vrou, Yolande.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here