Die NAMPO Oesdag, wat landbou al byna ses dekades bymekaarbring, moes ongelukkig vir die eerste keer deur die organiseerders, Graan SA, gekanselleer word weens die COVID-19-pandemie. Die Oesdag is met die uitbreek van die pandemie tot Augustus 2020 uitgestel, maar na die aankondiging van ’n ongespesifiseerde verbod op groot byeenkomste, sal die 2020 NAMPO Oesdag op NAMPO Park nie meer kan nie plaasvind nie.

Read it in English

Dit beteken egter nie dat produsente nie steeds die beste wat landbou bied kan geniet nie. Die 2020 NAMPO Oesdag, wat die 54ste aanbieding van hierdie ikoniese landbouhandelskou sal wees, sal aanlyn voortgaan!

Vind jou 2020 Agrivisie

Vanjaar se tema, “Vind jou 2020 Agrivisie”, is heel gepas en vind weerklank op meer as een manier! Van 9 tot 12 September 2020 sal die virtuele NAMPO nuut, opwindend en innoverend wees, en produsente, verskaffers en kollegas verbind met baie van hul gunsteling uitstallers asook ’n magdom aanlyn-inhoud van die bedryf en van regoor die wêreld. Graan SA sal die grootste landbouhandelsvertoning omskep in ’n gerieflike en veilige interaktiewe aanlyn-ervaring.

Daarbenewens is die NAMPO-virtuele platform beskikbaar met uitgebreide vertoonure van 09:00 tot 19:00, en sluit ’n Saterdag tot 14:00 in. Besoekers kan via hul voorkeurtoestel inskakel, hetsy ’n selfoon, tablet of rekenaar.

“Tydens die pandemie wat na verwagting in September eers ’n piek gaan bereik, kan ons nie verantwoordelik voortgaan met ’n handelskou wat meer as 20 000 besoekers per dag lok nie. Ondanks maande se beplanning, die deurgaanse oorweging van die toestand van die pandemie, en ’n aanvanklike verlenging van die oorspronklike NAMPO Oesdagdatum, is die kansellering van die Oesdag die enigste logiese aksie,” het Jannie de Villiers, uitvoerende hoof van Graan SA, gesê.

NAMPO Oesdag sal sy digitale teenwoordigheid opknap met ’n virtuele byeenkoms wat meeste van dit wat besoekers tydens die fisiese Oesdag sou beleef het, bevat. Uitstallers wat positief op die virtuele aanbieding reageer het, sal al hul produkte op die digitale NAMPO-platform kan vertoon en hul nuutste innovasies ten toon stel, terwyl besoekers vir een-tot-een-konsultasies kan aanmeld en deur die tegniese aanbiedings en produkdemonstrasies kan delf.

Virtuele NAMPO is hier om te bly

Boonop het die platform-variasie Graan SA die geleentheid gebied om ’n virtuele NAMPO Oesdag-ervaring verder as hierdie jaar te laat strek. Die aanlyn-aanbieding sal nooit die persoonlike ervaring van besoekers en uitstallers op NAMPO Park kan vervang nie, maar sal aan toekomstige uitstallers die geleentheid bied om hul fisieke teenwoordigheid by NAMPO met ’n digitale eweknie van hul standplaas aan te vul en sodoende ’n breër gehoor in 2021 en daarna bereik.

Die beoorspronklike 2020 Oesdag sou ’n merkwaardige gebeurtenis gewees het en Graan SA is diep teleurgesteld dat graanprodusente, boere, landbouleiers, belanghebbendes en die breë publiek nie vanjaar NAMPO persoonlik kan bywoon nie. Hierdie besluit is nie ligtelik geneem nie en is die sameloop van langdurige interne besprekings, sowel as gewaardeerde insette van ons uitstallers en belanghebbendes.

“Die koronaviruspandemie het elke uithoek van die wêreld aangeraak, en hoewel dit hartseer is dat die 2020 NAMPO Oesdag nie gaan plaasvind nie, is Graan SA se belangrikste verantwoordelikheid om seker te maak dat produsente, uitstallers, belanghebbendes en personeel veilig bly,” het Toit Wessels, assistentbestuurder vir NAMPO gesê. “Daar is ook op dié stadium geen aanduiding van wanneer beperkings opgehef sal word of wanneer dit veilig gaan wees om skares mense te vergader nie.”

“Die visie van NAMPO was nog altyd om ’n platform vir sakeondernemings te skep waar produsente nuwe tegnologie kan sien en toegang daartoe kry. ’n Virtuele platform kan steeds hierdie geleentheid bied en verseker dat die visie selfs in die gemak van u eie omgewing nagestreef kan word,” het dr Dirk Strydom, Graan SA se bestuurder vir graanekonomie en -bemarking, afgesluit.

“Alhoewel ons nie kan wag om weer in persoon met die agri-sektor te netwerk nie, word ons op nuwe maniere verbind en neem ons die kans om duisende NAMPO-entoesiaste te bereik.”

Ander NAMPO-geleenthede

Graan SA is in gesprek met sy vennote van NAMPO Kaap en NAMPO ALFA Lewendehawe, Jag en Buitelewe. Albei die skoue kan nie soos oorspronklik geadverteer plaasvind nie. Die uitslag van hierdie besprekings sal op 24 Julie 2020 gekommunikeer word.

Indien regeringsregulasies met betrekking tot die COVID-19-pandemie dit toelaat en die uitstel van hierdie twee gebeure moontlik is, sal die datums van die skoue soos volg oorweeg word: 24 tot 26 September 2020 vir NAMPO Kaap en 29 tot 31 Oktober 2020 vir NAMPO ALFA Lewendehawe, Jag en Buitelewe. – Persverklaring, Graan SA