Nampo sprei sy vlerke en word vanjaar vir die eerste keer op Bredasdorp in die Suid-Kaap gehou. Die geleentheid staan bekend as Nampo Kaap en die uitvoerende hoofbestuurder van Graan SA, Jannie de Villiers, vertel op RSG Landbou wat besoekers te wagte kan wees. Hy deel ook sy indrukke oor die onlangse grondberaad. Adri Kitshoff-Botha, hoof uitvoerende bestuurder van Wildbedryf Suid-Afrika, oftewel WRSA, gesels oor die groei van die wild-ekonomie en hoe hul goeie verhouding met die regering sal bydra tot hierdie groei, en Willem Eigenhuis, hoof landboukundige vir graan by Agri Technovation, gesels oor die wolkgebaseerde platform, MyFarmWeb, wat die lewe vir die graanprodusent heelwat makliker kan maak. Hennie Maas gesels ook met AJ du Toit oor hulle opkomende La Rohne Limousin-veiling. Luister nou na al dié gesprekke.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Laeveld Agrochem.