Nampo 2019 het vandag amptelik by Nampo Park in Bothaville in die Vrystaat afgeskop. Die landbouskou lok jaarliks duisende besoekers en is beslis dié landbougeleentheid op alle boere en uitstallers se kalenders.

Besoekerstendense

In 2018 is ‘n rekordgetal van 82 817 besoekers en 746 uitstallers aangeteken. Volgens ‘n verslag wat deur Nampo Oesdag en Graan SA beskikbaar gestel is, besoek sowat 80% van mense die skou om die jongste landbouprodukte te sien. Sowat 61% koop nuwe produkte aan tydens die skou. Alhoewel die skou meestal op die graanbedryf gerig is (46%), word verskeie ander bedrywe soos die vee-, wild- en vrugtebedrywe ook verteenwoordig.

Loer na die onderstaande foto’s vir ‘n voorsmakie van dié week se besienswaardighede. Hou ook ons sosiale media-platforms dop om op hoogte te bly van alle bedrywighede by #Nampo2019. – Ursula Human, Plaas Media