Die gewilde Nasie in Gesprek-dialoogreeks sal ook by Nampo Kaap wees. Nampo Kaap vind van 12 tot 14 September 2018 by Bredasdorp Park plaas. Die doel van die Nasie in Gesprek-paneelbesprekings is om dialoog oor landbou tussen alle rolspelers in die bedryf aan te moedig.

Read it in English. 

Die Nasie in Gesprek-program by Nampo Kaap skop op Woensdag, 12 September, af. ’n Gesprek oor die skep van nuwe energie in landbou vind van 9:30 tot 11:00 plaas. Theo Vorster van Galileo Capital sal die gesprek lei en met Francois Strydom, Chris Burgess, Jannie de Villiers, Alan Winde en André Uys gesels.

Die middagsessie op 12 September vind van 14:00 tot 15:30 plaas. Die rol van intensiewe veeboerdery in volhoubare vleisproduksie, met spesifieke fokus op skaapboerdery, gaan bespreek word. Dr Karin Wessels en Dr Louis du Pisani is onder die gaste.

Die dialoë gaan voort op Donderdag, 13 September. Jannie de Villiers, hoof uitvoerende beampte van Graan SA, gaan ’n gesprek oor die toekoms van die garsbedryf lei. Hy gaan met Josh Hamman, Ernest Pelser, RD Erasmus en Gert Claassen gesels. Die middagsessie word weer deur Theo Vorster aangebied en daar word gesels oor onderrig by landbou-onderriginstansies. Theo gaan onder andere met André Latsky, Johann Kirsten en Mohammed Karan gesels.

Die oggendgesprek op Vrydag, 14 September, fokus op die jeug en geleenthede vir die jeug om landbou te bevorder, ten spyte van uitdagings in die bedryf. Theo Vorster, Dirk Strydom, Jacky Goliath en ander gaste gaan hieroor gesels.

Vir meer inligting oor die program, kontak Ronel Botha by 082 875 3914 of ronel@brepublic.co.za. Toegang tot die gesprekke is gratis. Koop net ’n Nampo Kaap-kaartjie en jy kan ook die gesprekke bywoon. – Persverklaring

Klik hier om jou plek te bespreek.

Klik hier vir die volledige program vir Nampo Kaap.

Klik hier om kaartjies te koop.