In Dinsdag se aflewering RSG Landbou val die fokus op die Nasionale Luserntrust. Dr Gerrie Scholtz verduidelik hoe die trust funksioneer en wat sy doelwitte is. Daar is ook ‘n gesprek met Corrie Bezuidenhoudt oor die knoffelkwekerskonferensie wat eersdaags plaasvind. Hy gesels ook oor die knoffelbedryf in Suid-Afrika. Carl van Heerden is ’n senior agronoom by Agri Technovation. Hulle bied unieke presisieboerdery-oplossings vir groenteboere in samewerking met Laeveld Agrochem. Hy vertel meer oor grondinligting, blaarontledings en verhoogde opbrengsmoontlikhede. Yolandé Roodt gee ook terugvoer oor die afgelope week se wolmark. Luister nou na dié gesprekke.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Laeveld Agrochem.