Dis weer tyd om in te skryf vir Pioneer se jaarlikse Weeg-en-Wen-opbrengskompetisie!

Boere regoor Suid-Afrika kan enige geregistreerde mielie-, soja- of sonneblomkultivar inskryf.

Hierdie kompetisie bied boere die geleentheid om innoverende produksiepraktyke te toets om sodoende die hoogste opbrengste te bewerkstellig.

Inskrywings sluit op 31 Julie 2019. ’n Totaal van R450 000 se prysgeld is op die spel!

Gaan na www.weegenwen.co.za vir meer inligting en om in te skryf. Besoek die galery om na laas jaar se wenners te kyk.