Wou jy nog altyd weet hoe dit voel om ’n afslaer te wees?

Is jy dalk sommer jou eie afslaer in die stort of by die huis?

Het jy versteekte talent? – Dis nou jou kans!

Kom wys jou talent tydens Bloemskou!

Wie:                    Enigeen (19 – 30) wat in die afslaersberoep belangstel

Hoekom:            Kom toets jou talent en verbeter jou tegniek

Prysgeld:            R1 500 en kwalifiseer vir die nasionale rondte @ ALFA 2018 in Parys

Ná die kampioenskap kan lede van die publiek ook hul talent op die rostrum kom toets in ’n sosiale kompetisie.

Vir meer inligting kontak Michelle Verster by 083 375 4641 of stuur ’n epos na michelle@plaasmedia.co.za

Meer oor die Toyota SA Nasionale Jong Afslaerskompetisie

Die Toyota SA Nasionale Jong Afslaerskompetisie is die eerste keer in 2013 by Bloemskou aangebied. Sedert 2014 is Toyota die naamborg van die geleentheid en het die kompetisie tot vyf streekskompetisies, een nasionale kompetisie en ook een internasionale kompetisie in 2017 gegroei.

Die wenners van die onderskeie streeksbyeenkomste ding by die nasionale kompetisie by die ALFA-ekspo in Parys teen mekaar mee. Die doel van die Toyota SA Nasionale Jong Afslaerskompetisie is om jong talent te identifiseer en blootstelling in die bedryf te gee.

Die onderskeie wenners oor die jare was:

  • 2013/2014: André van Zyl, 35 jaar in 2017. Wen die kompetisie as ’n junior afslaer van CMW. Hy is tans ’n senior afslaer by dieselfde maatskappy en word as een van die beste afslaers in Suid-Afrika gereken.
  • 2015: Gareth Hughes, 29 jaar in 2017. Hy was die eerste deelnemer as werklose met aspirasies om ’n afslaer te word. Hy is sy eerste professionele werk aangebied nadat hy gewen het. Hy is tans ’n senior stoetvee-afslaer by Vleissentraal.
  • 2016: Steven Mathews, 26 jaar oud in 2017. Hy het aanvanklik as jong boer in die Noordwes-streek deelgeneem. Hy het sy eie afslaersonderneming in 2017 begin.
  • 2017: Gavin Mathews, 23 jaar oud in 2017. Hy het as jong boer in KwaZulu-Natal deelgeneem en doen tans vryskut-afslaerswerk.

Die kompetisie word op drie vlakke beoordeel, afhangende van die kategorie, naamlik rostrum-beoordeling, vakbeoordeling en veekundige beoordeling in die geval van die jong en oop kategorie. Die juniors word slegs op hul rostrumprestasie beoordeel. – Persverklaring