Die Toyota SA Nasionale Jong Afslaerskompetisie word in 2018 vir die sesde agtereenvolgende jaar gehou. Die 2018-weergawe van die kompetisie het einde 2017 reeds afgeskop met die Wes-Kaapse streeksrondte tydens Agri-Expo Livestock. Dit was die eerste van ’n reeks streeksrondtes wat ter voorbereiding van die nasionale rondte gehou word. Klik hier vir die streeksrondte se uitslae. Die sentrale streeksrondte is suksesvol afgehandel tydens die onlangse Bloemskou. Klik hier vir dié streeksrondte se uitslae.

Die volgende streeksrondte word op 4 Julie 2018 tydens Val-boeredag gehou. Gebruik nou dié geleentheid om vir die nasionale rondte te kwalifiseer.

Vir meer inligting of om in te skryf kontak Michelle Verster by 083 375 4641 of stuur ’n epos na michelle@plaasmedia.co.za. Klik hier vir nog datums.

Hou ook die webtuiste www.agriorbit.com en die hutsmerk #youngauctioneers op Veeplaas se Facebook-blad en die Twitter-profiel @onderdiehamer dop om op hoogte van die kompetisie te bly.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here