Van 18 tot 20 September 2018 word die eerste Vleissentraal Versprestasiekampioenskap in Suid-Afrika @ ALFA in die Afridome in Parys aangebied.

Vleissentraal tree as die hoof- en naamborg van hierdie opwindende en eerste-in-sy-soort-kampioenskap op. Drie registrerende owerhede, SA Stamboek, die Lewendehawe Registrerende Federasie (LRF) en die Landbounavorsingsraad (LNR), sal as vennote optree om te verseker dat die kampioenskap op ’n wetenskaplike wyse bestuur word.

Die doel van hierdie kompetisie is om ’n totale prestasie-evaluering per dier te doen, wat die beoordelaars in staat sal stel om die topdier per ras aan te wys.

Neem deel aan ‘n unieke geleentheid

Genootskappe en telers word nou uitgenooi om deel te wees van die eerste Versprestasiekampioenskap.

Vleissentraal bied aan elke genootskap wat deelneem die volgende:

  • ’n Gratis stalletjie saam met die uitstalling van die diere. Hierdie geleentheid kan benut word om die spesifieke ras te bemark.
  • Twee gratis kaartjies na die ALFA-galadinee.
  • Gratis uitstalruimte aan die deelnemende boere van die genootskap.

Vir enige navrae of inligting skakel Albert Loubser by 082 562 2188 of albert@plaasmedia.co.za.

Klik hier om meer te lees oor #ALFA2018.