Van links is Nico Langeveldt, beoordelaar, Adriaan du Preez, beoordelaar, PM Swart, beoordelaar, Luan van der Walt, tweede plek, Flekkie du Toit, wenner, Johnny Ackerman, deelnemer, Danie Raath, deelnemer, en Albert Loubser van Plaas Media.

Die vierde streeksrondte van 2018 se Toyota Nasionale Jong Afslaerskompetisie het op 4 Julie 2018 tydens die Val-boeredag plaasgevind. Flekkie du Toit, Luan van der Walt, Danie Raath en Johnny Ackerman het aan dié rondte deelgeneem.

Nico Langeveldt, BKB, PM Swart, OVK/CMW, Tielie Crafford, BKB, en Adriaan du Preez, OVK/CMW, was die beoordelaars. Hulle het Flekkie du Toit as die wenner gekroon. Luan van der Walt het die tweede plek behaal. Beide dring deur na die nasionale rondte, wat tydens ALFA 2018 op 17 tot 20 September in Parys gehou word. Klik hier op die hutsmerk #youngauctioneers om meer te sien oor dié geleentheid.Ursula Human, AgriOrbit