Hierdie bul, TMB 2016-040, is vir die hoogste prys van R90 000 verkoop.

Die 26ste Nu-Alcade-produksieveiling het op 21 Februarie by Warmbad Veemark in Bela-Bela plaasgevind. Daar was ongelooflike belangstelling gewees en die diere was weereens top geselekteerde diere van hoë gehalte.

Veilingsuitslae

  • Hoogste prys stoetbul: R90 000 (Koper: Tian Kruger Boerdery, Marble Hall. Verkoper: Thinus Maritz, Groendraai Bonsmaras)
  • Gemiddelde prys stoetbulle: R53 500
  • Hoogste prys dragtige kommersiële koeie met kalwers: R33 000
  • Hoogste prys kommersiële koeie met kalwers: R32 500
  • Hoogste prys dragtige kommersiële koeie: R23 750
  • Hoogste prys dragtige kommersiële verse: R22 500
  • Hoogste prys oop kommersiële verse: R14 000

Aangebied deur: Vleissentraal Bosveld

Afslaer: Mike Killassy en Stefan Greyling