Dié bul in lot 25 (TMB 13-235) van Thinus Maritz van Groendraai Bonsmaras, Vaalwater, is vir R150 000 aan dr AEW Revelas van Thabazimbi verkoop.

Die 25ste Nu-Alcade-produksieveiling is op 27 September 2018 by die Warmbad Veemark gehou. Daar was groot belangstelling en telers het uitstaande geselekteerde diere aangebied. Daar was 27 SP-bulle asook kommersiële en slagvee. Altesaam 120 kopers het geregistreer.

Veilingsuitslae

  • Hoogste prys stoetbulle: R150 000
  • Gemiddelde prys stoetbulle: R63 352
  • Hoogste prys dragtige stoetkoeie: R22 000
  • Gemiddelde prys dragtige stoetkoeie: R20 800
  • Hoogste prys dragtige kommersiële koeie: R28 000
  • Gemiddelde prys dragtige kommersiële koeie: R20 424

Aangebied deur: Vleissentraal Bosveld

Afslaer: Mike Killassy