‘n Voerkraal kan ‘n groot bydrae lewer tot voedselsekerheid. Namate die bevolking groei, styg die vraag na voedsel. Daarmee saam verhoog die vraag na gesonde rooivleis. Terselfdertyd raak hulpbronne egter minder.

Voerkrale kan verligting bring

Daar is tussen 12 en 13 miljoen beeste in Suid-Afrika, en ongeveer drie miljoen diere word jaarliks in abattoirs geslag. Van hierdie drie miljoen, word net meer as twee miljoen in voerkrale afgerond.

Melville Price van Nutri Feeds gesels in Grootplaas van 5 Julie 2018 met Elsa Esterhuizen oor dié bedryf se rol in die voedselverskaffingsketting. Hy raak ook aan die onderwerp van graan- versus veldgevoerde diere.

Kyk hier na vorige episodes van Grootplaas