Andries van der Poll van die Gouda-omgewing in die Wes-Kaap, is op Vrydagaand 25 Oktober, tydens ‘n spoggeleenheid in Johannesburg deur Graan SA aangewys as die 2019 Nuwe Era Kommersiële Boer van die Jaar. Hy gesels oor sy toekenning op RSG Landbou.

Richardt Venter van Agsci Unlimited praat oor die sukses van vanjaar se Nasionale Kuilvoerkompetisie. Luister nou na die onderhoud.

Die nuutverkose president van LEVSA, of die Vereniging van Landbou-ekonome in Suid-Afrika, dr Mmatlou Kalabo, gee sy indrukke van hulle kongres wat in Oktober in Bloemfontein plaasgevind het. Luister nou die onderhoud.

As jy wil weet waarom ‘n bierbrouer in Suid-Afrika juis rysbier sal maak luister hierdie interessante onderhoud.  

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Voermol

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.