Nuwe hoof uitvoerende beampte vir Bonsmara SA

1422
Hier is Louis Steyl (regs) saam sprekers by vanjaar se Dié Rooi Ras-geleentheid. Van links na regs is Nick Serfontein, Theo Venter en Hennie Coetzee.

Bonsmara SA het onlangs aangekondig dat Louis Steyl, tans die genootskap se rasadviseur, vanaf 1 November 2019 as hoof uitvoerende beampte van Bonsmara SA sal optree.

Bonsmara SA ondergaan struktuurverandering

Terselfdertyd gaan Evelyn Strydom, tans die bestuurder van Bonsmara SA, op 31 Januarie 2020 amptelik aftree, maar sy sal vir minstens nog twee jaar in Bonsmara SA se diens bly. Dié nuwe en gewysigde struktuur sal tydens die raadsvergadering in Februarie 2020 formeel deur Steyl aan die raad voorgehou word.

Die raad en personeel het hul volle ondersteuning en samewerking aan Steyl toegewens en glo dat sy dinamiese bestuursvaardighede Bonsmara SA tot nuwe hoogtes kan lei.

Hennie Coetzee, tans die voorsitter van Bonsmara SA, gaan ook sy sitplek opgee wanneer hy in Maart 2020 amptelik sy termyn sal beëindig. ‘n Nuwe voorsitter sal dan verkies word. – Persverklaring, Bonsmara SA