Die melkbedryf het in Mei vanjaar ‘n belangrike mylpaal bereik met die opening van die Suiwelstandaard-agentskap (SSA) se onafhanklike laboratorium, DSA Lab Services, in Centurion. Hierdie laboratorium sal veral fokus op die kwessie van suiwelgehalte met betrekking tot die standaarde van suiwelsamestelling. Ons kyk op 26 Junie se uitsending van Grootplaas na ‘n insetsel hieroor. Daarna gesels Dawie Maree oor die PLAAS Landboujeugstigting se werksaamhede en kuddes, en Corné Louw van Graan SA praat oor dieselpryse.

Weerborg: Laeveld Agrochem

Kyk hier na vorige episodes van Grootplaas