Die gebruik van tegnologie word al hoe belangriker, selfs vir ons landbouers. Wiaan van der Linde van Wintershoek Wild, gesels in Donderdag se aflewering van RSG Landbou oor ‘n toep wat hulle bekendgestel het om die lewe van voornemende wildkopers makliker te maak. Luister nou na dié onderhoud.

Daarna praat ons met ‘n hele paar wenners in landboukompetisies wat die afgelope ruk plaasgevind het. Ons skop af met die LNR Vleisbeestoekennings se mentor van die jaar, Llewellyn Angus van Arlington. Luister nou na dié onderhoud.

Phillip Botha van die Britstown Strydenburg-omgewing, is aangewys as die 2019 Agri Noord-Kaap Jongboer van die Jaar. Koos Du Pisanie, RSG Landbou-medewerker in die Noord-Kaap, gesels met hom meer hieroor. Luister nou na dié onderhoud.

Theresa du Plessis Van der Mescht van Balfour is op haar beurt aangewys as een van die finaliste in die Agri Gauteng Jongboer van die Jaar-kompetisie. Sy brei meer uit oor haar boerderybedrywighede. Luister nou na dié onderhoud.

Chris Derksen is soos altyd op sy pos met die jongste vleispryse vanaf veilings in die Noord-Vrystaat. Daarna sluit ons die program af met Frans de Klerk ’n tegniese analis. Hy bring ons op hoogte van die jongste sonneblompryse. Luister nou na dié onderhoude.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Wintershoekwild

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.